myl 50-60

myl 50-60…uiteindelik ‘n breek in die reen, so pa kon die KLR650 oortuig om amper 5 myl van die huis af te beweeg…het half gehoop om Parkway Cycles oop te kry en dan sommer die sticker of padwaardigheids toets te laat doen, maar was 20 minute laat.

met die nat pad en ‘n 4×4 wat ‘n mazda miata 30 sekonds voor my 180 grade gestamp het, was dit maar naelbyt plekplek…kom darem die rpm’s onder 4,000 hou en het seker iewers 40mph gehaal! dit het nog liggies gereen, so kort kort moet mens eers die druppels van die helmet afvee en dan ‘n ver ompad om die poele water soek, want die ou in die baan langs jou wil jou natspat…hoekom verstaan party mense nie dat mens nie so op ‘n motorfiets se gat moet ry nie…

natuurlik is ek nog bitter bang vir die fiets, want vir een of ander rede brul hy baie harder as ek net net aan die ‘throttle’ raak…as hy net luier klink hy nes my grassnyer…miskien het ek maar net ‘n halwe beer vir ‘n grassnyer…

ek weet nie lekker wat die nana na nana gansdans idee is nie, selfs my kniee geklap om te kyk of dit ‘n verskil maak, sonder sukses…sal die Malan video MOET kyk, dink ek.

Hier is dan ook die bakkie wat ek vir IDMVFISS voorstel, weet net nie hoe ek my pa in ‘n swart pak en keps gaan kry nie: http://quinthar.com/360ToGo/node.php?node=Node0107

Advertisements

~ by nambabwe on 2007/05/19.

 
%d bloggers like this: