Myl 60-70, KLR in die reen is soos spuitpoep…

Nou ja, kon nie wag vir die breek in die reen om weer oor te ry Parkway Cycles toe vir die inspeksie sticker nie. Kurkdroog en lekker vinnig daar gekom, net om te hoor dat Sondag nie die dag vir inspeksie is nie…maar hulle het tog later die uitsondering gemaak.

Die 10 minute om die fiets deur te kyk was nie ‘n probleem nie, maar die donker bui reen wat buite begin uitsak het was wel…so as mens soos ‘n trotse soldaat in ‘n donderbui reen ry, en al die water wat op jou helmet val loop teen jou bors af en onder op die sitplek het dit ne^rens heen om te gaan nie, dan begin jy effens nat word tussen die bene. Aangesien dit New England hier is en die reen water effens koud is, sal ‘n man se balle natuurlik begin krimp van die koue water, en dan sal die water deur loop na jou agterstewe wat dan net soos spuitpoep voel!

Ek ry nie weer in die reen nie, dankie!

(Jammer, as gevolg van die reen situasie, nog steeds nie ‘n foto nie)

Advertisements

~ by nambabwe on 2007/05/20.

 
%d bloggers like this: